Search
  • oujongnooitjie

#Die Italian

Na die mislukking van #Canadian en #Vlinders het ek opnuut weer besef waarna ek werklik opsoek is en daarop begin fokus.

Dis nou nie juis asof ek onmiddelik reg was vir ‘n nuwe kerel in my lewe nie, maar as jy in jou pajamys op ‘n Saterdag aand laat alleen in jou bed le en way te veel wyn gedrink het kry jy jouself baie vinning jammer en gee jy oor aan die Ego boost Tinder duiwel …swipe swipe swipe..links..links..links

Ek kom toe af op #DieItalian. ‘n 30 something, handsome..donker oe..donker hare, enkellopende pa van Wellington. My vriendinne sê altyd ek moet oppas vir single pa’s..maar hoekom..ek love kids en buitendien is ek goed met hulle. Mens moet maar net eintlik so situasie mooi deurdink..want daar is baie fynskrif..gewoonlik een of ander teef van ‘n ex vrou en onthou…in daardie verhouding kom jy beslis altyd laaste..haha hopelik net figuurlik.

My ouers was vir ‘n week weg plaas toe na my oom hulle toe ..perfekte timing want ek het juis vir ‘n slag weer my eie space nodig gehad. Ek kon weer vir ‘n verandering in die tv kamer sit met net my onderklere aan, series kyk en kook met ‘n glas gehoutde Chardonnay terwyl Coldplay kliphard in die agtergrond speel. Ek kon op die stoep sit en vir ure my eie brein pick sonder geraas, irritasie of een of ander storie wat my pa vir die honderste maal oorvertel…Herhalende Herman (my ouers irriteer my nie, maar soms..net SOMS raak daai woonstel se 4mure net te klein) Hulle timing kon nie beter gewees het nie.

Ek besluit toe om #DieItalian oor te nooi vir drinks – sommer so weer op ‘n stoute Sondag.. dis mos juis wanneer mens allerhande kak besluite maak, veral ek… #SundayFunday.

My nuwe bygevoegde pre-requisite vir ‘n potentiele kerel is dat hy moes rook. Ek is huidiglik al 2maande ‘n nie-roker, maar steeds gaande oor die reuk en smaak daarvan. Vir een of ander mal rede was dit eweskielik vir my ‘n moerse turn-on as ‘n ou nounet gerook het en ons vry.. Ja ek weet dis weird, maar atleast was dit nie ‘n foot fetish of iets nie.

In ‘n mate van minute was ek vasgevang in ‘n love bubble, alles was perfek. Ons het vir ure gesels oor letterlik alles, gelag, gevry(na hy gerook het)..dit was amazing. Dit was asof ons net ‘n gewone paartjie was in ons gewone milieu. Ek het vir hom gekook en hy het my glas volgehou.

My vriendinne se mos altyd ek is gemaak om huis-huis te speel so dit was ideaal..dit was hoe ek my toekoms gesien het en wat ek wou hê.

Ons het vir ure lank in die bed gele en Noot vir Noot op Dstv Catchup gekyk, ons het gecuddle, movies gebinge..alles was AMAZING…fok die woord maak my nou naar soos ek hier sit..dis soos die woord Toebie vir ‘n toebroodjie of maanstonde, soos die laerskool verpleegster altyd gese het…shit nog een- Worsbroodjie..ek kots sommer in my keel. Het julle dalk woorde wat julle tot julle binneste laat gril?

Dis die oggend van dag 3 en hy is oppad werk toe…wel eers nadat hy na my Fauna en Flora, bos belaaide chastidy belt omgesien het. (Dit was fokken hoogtyd..haha)

Noudat ek nugter en actually weer by my volle bewussyn was het ek die rooi ligte begin sien. Ons vroumense overthink mos maar gewoontlik oor alles en in hierdie spesifieke space was dit net meer aangehits, want nou was ek alleen met my eie gedagtes..en dis nie altyd ‘n goeie ding nie.

Alles was “ja, my skat”, “ja bokkie” …..jajajajajajajaja (skat bokkie..kots)

Heeldag lank message hy my, maar vir die eerste keer in 3 dae stuur ek nie onmiddelik terug nie “Ek sal later” dink ek by myself..en so loop die dag toe sy gang waarna hy toe later vir my stuur “jys stil”.

“Ek is fokken besig”… ok ek het nie dit so ongeskik gestel nie, maar waarmee was ek besig…te besig om hom terug te message? Hy was net,besef ek nou..nie n prioriteit vir my nie, as mens in iemand belangstel, message jy terug binne minute, al is dit net ‘n kan nie nou praat nie, chat later.

Daai geen reply beteken hy/sy stel ongelukkig net nie genoeg belang nie, daar is altyd tyd om te reply al gaan jy net badkamer toe. Ek weet ons girls flous altyd onsself om te dink dat iemand net rerig besig is..maar jammer ..He’s just not that into you.

Hy stuur later vir my ‘n foto van hom wat ‘n craft bier drink voor sy yskas..’n gewone response van ‘n girl wat verlief is of wat van iemand hou sal seker reply met ‘n aah lekker of iets.

Julle ken die simpel butterflies en shit wat met daardie verliefgheid gepaard gaan maar AL wat ek kon dink op daardie oomblik was..die vieslike clutter in sy huis, die kak op sy yskas en jirr die kommin brille op sy titleist cap en hy speel nie eers golf nie.

Wat de hel is fout met my..waar is daardie love bubble van vroeer, waar is daai perfekte dag..perfekte wereld..die bliss?

Ek het heeldag rondgery en weereens diep gaan dink oor wat fout is met my en oor my current state of mind..elke nou en dan ontmoet ek iemand fantasties en dan stoot ek hulle weg en dan wonder ek by myself wat is MY probleem.

Is dit die idee van die persoon waarvan ek hou, is dit dat ek nog nie reg is vir ‘n verhouding nie..dalk wil ek single bly..of dalk is ek net te bang vir commitment?

Die Here alleen weet, maar ek glo diep in my wese dat wanneer ek “my person” vind..dat ek hom nie sal wegstoot nie, maar dat ek sal klou..dat ek soos my ma altyd se..net sal weet dis die een.

Daai hoop koester ek elke oomblik van elke dag, want ek kan nie wag om ‘n ewigheid met “my person” te spandeer nie en al moet ek bietjie meer geduld aan die dag le dan sal ek..maar ek sien uit na my beste vriend met benefits en soos hulle se.. good things come to those who wait en ek het mos juis met special needs kids gewerk so my geduld is nogals iet wat besonders.

Dit was die finale spyker in die kis . “So.. van watter noemnaampies hou jy”? (naampie, wyntjie, toebie, kiekie…kak)

Ek gaan nie lieg nie maar wanneer ek ‘n paar wyne in het raak ek bitter liefdevol en ek mag dalk moontlik vir hom geliefie het..shit!

Anyway na ‘n paar minute se agitation en kontemplering besluit ek toe om eerlik te wees en die hele storie in die kiem te smoor..dis die regte ding om te doen.

Hy was so ‘n gentleman en het dit verwag omdat ek heeldag so stil was en hy het net hierdie feeling gehad, somethings up.

Met ultimate Vryheid in my hart gaan ons toe ons separate ways, hy was so nice oor als..maar ek kon in sy stem hoor hy was ontsteld.



Alhoewel dit nie uitgewerk het nie het ek weereeens meer oor myself geleer en wat presies ek wil en nie wil he nie.

Ek soek beslis nie n doos nie, maar ook nie n ja broer wat ja en amen op alles nie..beslis ook nie iemand wat wil praat oor noemnaampies in 3 dae nie..die goed kom mos van self.

Ek het ook besef dat ek na ‘n verskriklike groot gebeurtenis in my jonger dae ‘n baie groot hunkering het na liefde.. to be loved..aanvaarding..en dit juis die rede was hoekom ek so content was, want ek het gehou van hoe hy na my kyk, die acceptance..die feit dat hy my respekteer het, my gevoelens in ag geneem het.

Anyway ek kan nie wag tot hy eendag geluk vind nie, want alhoewel ONS nie amazing was nie..is hy en hy verdien al die geluk..hy is net nie “My person” nie en dis ok.

As mens nou vir ‘n week of vir 3 jaar met iemand uitgaan en niks leer nie..dan was dit ‘n mors van tyd. Ek kan met totale eerlikheid se dat elke mislukte verhouding in my lewe..ja, dis seer vir ‘n tydjie, maar dat dit my nader gebring het aan wat ek wil he en wie ek werklik is as persoon, elke verhouding leer jou iets van jouself en laat jou groei en met daai gedagte weet ek dat ek vanaand met ‘n geruste hart kan gaan slaap en dat ek op die regte pad is om “my person” te vind.











0 views

©2019 by ou-jong nooitjie. Proudly created with Wix.com