Search
  • oujongnooitjie

#Vlinders - Deel 1

Updated: Apr 25

Na 'n hoogs besope girls night (ons girls gaan gewoonlik groot wanneer ons een keer 'n maand bymekaar kom) moes ek op hierdie besonderse Vrydag oggend 'n klient gaan sien..mense in my beroep reel nie gewoonlik afsprake vir Vrydae nie..


Gewoonlik neem 'n afspraak met 'n klient nie langer as 'n uur en 'n half nie, maar vandag het hierdie storie aangehou vir omtrent vyf en 'n half ure! Een koffie na die ander lei later na een bier na die ander...en toe obviously begin die wyn vloei..die geselskap wou net nie end kry nie.


Daar was iets anders behalwe die geselsery (en heel verbasende vlinders wat in my maag rond gevladder het). 'n Tipe warmte..gemaklikheid...'n opgewondenheid wat ek nie wou of kon beheer nie.

Ek kon net nie uit daardie space uitklim nie, ek wou net daar bly..my tyd vat en alles inneem.. elke sekonde en oomblik koester en vashou totdat ek ontplof van totale mind blowing tevredenheid.


Dit is half vyf die middag en ek het ses uur 'n ander afspraak (gelukkig 'n sosiale verpligting met 'n klient wat 'n vriend geword het). Om weg te loop van hom is soos om myself van my binneste weg te skeur..soos om myself en my wese te bliksem totdat daar net mooi niks oor bly nie, maar prioriteite is prioriteite.


Die aand het #Vlinders 'n kuier aan en nooi my terug...sonder huiwer stem ek in. My hart is buite my bors van opgewondenheid. Sy oe praat met my siel...sy siel praat met my hart..alles binne my praat wanneer ek in sy teenwoordigheid is.


My hart spring in my bors en vir die eerste keer in 'n lang tyd voel als net asof dit pas..soos 'n vooropgestelde legkaart.

Die kuier loop uit op 'n akoestiese jam sessie, almal ruk kitare uit en sing uit hulle beurt..elke musikale artist se droom. Hy weet ek sing en kommandeer my verhoog toe. Ons stemme saam in harmonie..ons lyftaal elektries..ons emosies inmekaar gevleg soos 'n regte afrikaanse koeksister. Die hitte straal behoorlik uit ons asems uit...ons stemme saam is asof hulle gemaak is vir mekaar en in een of ander buitenste realm ontwikkel is vir hierdie spesifieke oomblik in tyd.


Almal praat (en skerts) oor die vlamme wat tussen ons brand en al hou ek nie van sy jeans of sy skoene nie, is dit ok...want ek wil hom net behou en waardeer..inteendeel hy is perfek nes hy is (said NO-ONE ever!)

Shit..ek onthou nog hoe ek skelm ontslae geraak het van 'n hele paar items wat van my boyfriends al gedra het...caps..leer broeke..safety boots..t-shirts..die lys gaan aan)


Ek slaap toe die aand by sy huis oor (klam grond..great first impression) in sy bed..en hy op die vloer op 'n matras...nou kyk ek waardeer die chivalry en die maniere..maar hy is of moerse ordentlik of stel net minder as zero in my belang...shit ons girls is belaglik...raak 'n ou nie aan jou nie..is hy TE ordentlik en stel nie belang nie..vat hy jou vas..dan is hy te vinnig te veel.



Die volgende oggend begin effe awkies (wel vir my). Ek wat giste in 'n hot swart nommertjie (sexy..mar tog heel skaflik en bedeesd vir werk) en hare gedoen..was nou 'n vaal girl sonder make-up en 'n moerse bad hair-day daarby. Die rit terug van die plaas tot by sy koffie winkel/bar is alles behalwe awkward..ons lag..gesels..all good..ek voel net asof ek die "walk of shame" doen uit 'n mans koshuis op Stellenbosch (We've all been there..wel van ons was net slim genoeg om te waai voor die manne wakker raak ;-) )


Ek drink weer koffie by hom..hy besig met admin, ek met skryf..maar daai smiles..daai #vlinders (wat ek op 'n stadium gedink het was 'n droom) was steeds daar.


Soos ek die lang pad..25 kilometer (metafories gesproke) huistoe aandurf..skeur my binneste weer in twee asof die ander helfde van my siel dood is..ek pyn fisies.

'n Pyn so diep dat dit nie net my fisiese wese aantas nie..maar ook my psige.

Die trane rol onwillekeurig teen my wange af..asof ek die Kaapse damme wil volmaak.


Hoekom is my hart so ontsaglik aangetas..hoekom huil ek soos 'n tiener oor iemand wat ek sopas minder as 24 uur terug ontmoet het?

Elke enkele liedjie op die radio praat met my..asof hulle my emosies naboots en deel..ek wil myself jammer kry..ek wil skree,,want ek verdien hierdie gevoel.


Hoekom is dit so lekker..die #vlinders... die verlore eetlus..die hartkloppings...maar die seer- die onmenslike, onbeskryflike seer wat aan my binnegoed knaag soos 'n rot..dit oorheers alles.





20 views

©2019 by ou-jong nooitjie. Proudly created with Wix.com